Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings
Delft: Die Demokratiese Alliansie het die grootste verlies gely in Woensdag se sterk betwiste tussenverkiesing in Delft altoewel die party se Dineo Masiu daarin kon geslaag het om ten minste 50,73% van wyk 20 se stemme op haar te vereenig. Dis byna 12% minder van die 61,96% van die algehele steun wat die party in Wyk20 se 2016 munisipale verkiesing geniet het. Die Wes-Kaapse regeerende party se mees gevreesde mededinger, die jonk Cape "Coloured" (CCC) kom as die grootste wenner uit nadat hul kandidaat Koelsum Isaacs 19,44% van die stemme behaal het en in die tweede plek geeindig het voor die ANC se Mlamleli Morris Mthini wat slegs 16,21% van die wyk se stêmgeregtegers kon oortuig het om vir hom te stêm. Die EFF se Khanyiso Fodo moes met 13,44% tevrede wees. Die verlies aan steun aan die DA in hierdie tussenverkiesing stêm ooreens met die Wes-Kaapse regeerende party se treurige vertoning op die Kaapse Vlakte, waar nuwe partye soos die CCC opgang ...