Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings

Delft: Die Demokratiese Alliansie het die grootste verlies gely in Woensdag se sterk betwiste tussenverkiesing in Delft altoewel die party se Dineo Masiu daarin kon geslaag het om ten minste 50,73% van wyk 20 se stemme op haar te vereenig.

Dis byna 12% minder van die 61,96% van die algehele steun wat die party in Wyk20 se 2016 munisipale verkiesing geniet het. 

Die Wes-Kaapse regeerende party se mees gevreesde mededinger, die jonk Cape "Coloured" (CCC) kom as die grootste wenner uit nadat hul kandidaat Koelsum Isaacs 19,44% van die stemme behaal het en in die tweede plek geeindig het voor die ANC se Mlamleli Morris Mthini wat slegs 16,21% van die wyk se stêmgeregtegers kon oortuig het om vir hom te stêm. Die EFF se Khanyiso Fodo moes met 13,44% tevrede wees.

Die verlies aan steun aan die DA in hierdie tussenverkiesing stêm ooreens met die Wes-Kaapse regeerende party se treurige vertoning op die Kaapse Vlakte, waar nuwe partye soos die CCC opgang maak in wat nou soos voormalige DA-vestings begin lyk. 

Die CCC se grootste steun het gekom vanaf kiesers in Eindhoven, waar die party 30,81% van die stemme ingepalm het, wat die DA van 90,52% in 2016 tot 58,18% gedruk het.

Die uitslag van hierdie tussenverkiesing is 'n hupstoot vir Fadiel Adams en sy jong party, wat met baie beperkte middele in die verkiesingsmodus oorgegaan het. "Ons eerste verkiesing. Ons het 'n maand tyd gehad om voor te berei en geen kans gehad om iets te bekom wat die moeite werd is deur ons uiteenlopende kritici nie. Ons het geen begroting gehad om van te praat nie. Ons was onseker oor ons fisieke vermoë. Wat ons geweet het, is dat ons 'n agenda het, tesame met 'n onvergewensgesinde besluit, skryf Fadiel Adams, leier van die CCC, op sy Facebook-muur

Adams sê hulle het geweet die CCC sal nie wen nie, maar die doel was om die DA se meerderheid te verswak. 'Ons het dus teen 'n reus oorlog gevoer. 'n Verkiesingsmasjien wat nie in provinsiale verband kan ooreenstem nie. Meer geld as wat enigiemand kan dink, kan met 'n kliek op 'n knoppie 'n massiewe smeerveldtog voer", skryf Adams.

"Ons het geweet dat ons nie kon wen nie, maar ons hoef nie te wen nie. Ons moet die meerderheid wegskiet. Want 'n DA sonder meerderheid is wat die "bruin" mense op hierdie stadium nodig het. Ons benodig ook huise werk en veiligheid, maar die DA sal dit nie aan ons gee nie. So take it we will”.

Die DA het goed presteer in die prominent "Bruin" gebiede van die wyk, maar het beter in die meerderheid swart Delft-Suid area gevaar, waar hul kandidaat met 26,25% van die stemme vereenig het, net 4% laer as 2016. Die ANC het wel die distrik gewen met 49,71% van die stemme, met net meer as 10% van die 2016 peilings.

Die DA het onder 'n wolk van Covid-19-verwante beskuldigings stêmme probeer werf, waaronder die onregverdige verspreiding van kospakkies deur sommige van sy raadslede.

Nou is dit 'n gemors met die party se geskorste provinsiale leier, Bonginkosi Madikizela, wat die DA vir dubbele standaarde geblaas het oor sy kwalifikasiesaga. En oor die naweek het bewerings opgeduik oor die kwalifikasies van die party se hoofsweep in die parlement, Natasha Mazzone.

Die CCC blyk of dit beter gaan vaar in Oktober se plaaslike regeringsverkiesing met die DA in die slag en die ANC, ook nie baie gewild nie, aangesien die EFF van sy kiesers neem.

Watch results board here https://youtu.be/dztmNqnwmdw

Comments

Popular posts from this blog

Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.

Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches