Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches
'Gee a pouse-tjie man'
Sticking to his guns: Police minister Bheki Cele is alweer besig nanny te speel. |
Police Minister, Bheki Cele het dit clear gemaak dat buurtwagte nie toegelaat sal word om tydens die lockdown te operate nie.
Die minister sê dat die local crime fighters 'nie vertrou kan word nie', nie op dieselfde manier as wat soldate en die polisie kan vertrou word nie.Cele se uitspraak volg op 'n oproep deur die Vryheidsfront Plus (VF Plus) wat wil hê dat buurtwaggroepe op plaas gebiede en kleiner gemeenskappe toegelaat sal word om tydens die imperkingstyd op te tree.Maar die minister maak dit duidelik dat hy styf aan sy gewere sou vassteek, en nie net sal alkohol en sigarette van die rakke af bly nie, maar die top-cop van die land maak dit ook clear dat hy nie toestemming gee dat buurtwaggroepe operate nie. Cele het ook gesê dat Gemeenskapspolisieforums (GPF's) nie toegelaat sal word om hul huise te verlaat en patrollies uit te voer nie, hetsy onafhanklik of met die polisie. Cele het verklaar dat hy graag met hierdie partye oor hierdie kwessie kontak wil maak, maar het daarop aangedring dat daar 'tekortkominge' in hul argumente is.
"No, the neighbourhood watch cannot join the police. The question of patrolling can be done with the people who have a line of accountability. When our soldiers and officers do things wrong, we know where to go. But what would you do if this happens within a neighbourhood watch?”
'Verder sê Cele word soldate en offisiere deeglik ondersoek, van ander groepe kan nie dieselfde sê nie sê Cele.
Comments
Post a Comment