Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.
Die ANC innie Wes-Kaap beoog om 'n lid vannie Vryheidsfront Plus by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aan te meld nadat Hy na die party se lede as "buitelanders" verwys het. Marais het sy uitlatings gelewer tydens 'n sitting in die provinsiale wetgewer.
Die inheemse Kapenaars het gesê: “Ons doen ’n beroep op die bemagtiging van “bruin” en Khoi-opkomende boere in hierdie provinsie, entrepreneurs en hulpbehoewende huishoudings wat op behuisingswaglyste is omdat Kaapse Inboorlinge verwaarloos word en baie min voordele in terme van die indiensneming wette en behuising, wat moet meeding teen meerderwaardige swartes wie se instroming na die Wes-Kaap die demografie van die provinsie verander het.
"Rassespanning bou al hoe meer op. Ons doen 'n beroep op die Wes-Kaapse regering om regstellende stappe te doen om te voorkom dat rassespanning eskaleer en opvlam as gevolg van 'n stryd om skaars hulpbronne deur die toestroming."
Swart ANC-lede wat die eintlike rassiste is, het aanstoot geneem met Marais se uitlatings, wat Marais op hul beurt genoop het omdat hy hulle “vreemdelinge” noem.
Pat Lekke, 'n Swart Oos-Kaapse Nguni wat nie inheems is nie het gesê "Dit maak my seer wat in die huis gebeur, veral as ons vreemdelinge in ons eie land genoem word.
'n Land wat histories nie aan hulle Lekke en kie behoort nie. “Ek neem dit nie vriendelik op nie, om na swart mense as buitelanders te verwys, is 'n belediging van die hoogste orde,” het sy gesê.
Die ANC se provinsiale leier het gesê die uitlatings is duidelik beledigend, maar Marais het geweier om verskoning te vra en gesê die “Khoi was eerste hier (in die Kaap).
Peter Marais het later op sy persoonlike Facebook-blad gevra hoekom dit okay was vir Swart (Nguni en Bantoe) mense om Wit Suid-Afrikaners “setlaars” te noem, al woon hulle al sedert die 17de eeu in die Kaap, maar jy kan nie swart migrante wat eers na 1910 na die Wes-Kaap verhuis het of die afgelope 29 jaar buitelanders noem nie.
Peter Marais is 'n bekende inheemse Kapenaar, 'n afstammeling van die KhoiKhoi en San stamme wat inheems is aan die hele Suider-Afrikaanse streek.
Hy het voorheen as die eerste burgemeester van een van Suid-Afrika se hoofstede, Kaapstad, gedien vanaf 2000 tot sy afdanking in 2001. Hy is gou as Premier van die Wes-Kaap aangestel en het van 2001 tot 2002 gedien.
Comments
Post a Comment