Delft Reverend tjoekie toe oor ge-kerk houery.

Wayne Stevens, Tania Stevens, Vivian Koekemoer en Ronwyn Buxey staan bankvas agter hul leier.

'Ons het die social distance in die huis vannie Here gehoorsaam'
'n Kerkleier van Delft is Sondag oggend gedurende sy oggend erediens toegekap omdat hy die land se imperkingswet oortree het.
‘Leeraard’ Stevens en sy gemeente van die Peace&Love Ministries kerk in Eindhoven was glo besig met praise en worship toe die polisie die diens betree en hom meedeel dat hy die wet oortree.
Sy vrou Tania Stevens sê haar man het nat gekap met kerk hou toe die polisie hom die levitikus van die lockdown wet omtrend kerke voorlees.
"Ons was besig om 'n lied te sing toe sien ons net hier gaan die deur oop, en toe stop die een polisieman die diens. Hy sê toe ons gaan teen die wette van die land, ons moet stop nou dadelik" vertel Tania.
"My man het toe aangegaan soos gewoontlik, ge-praise en worship en toe vra hulle wie issie pastor van die kerk, toe sê hy, ek is die pastor en toe sê hulle then you must go with us to the police station" sê sy.
Die kerkleier het toe saamgewerk en vir die polisie gesê dat daar nie meer as 50 mense in die gebou was nie.
"Here's only 25 (worshippers) and we (are) sitting a distance away from each other, so it isn't (should not be) a problem, toe sê hulle (Police) nea, 'the president said there mustn't be churches', en toe vat hulle my eggenoot" sê Tania.
"Ons het geweet (van die lockdown), maar ons het mos nou nie geweet nie - ons was mos nou nie meer as 50 soos hulle gesê het nie. Ek voelie is reg teenoor hom en teenoor die kerk dat die gebeur hettie" sê sy.
Volgens Tania is haar man gearestreer en sal in aanhouding bly, maar die polisie kon teen druktyd nie die arrestasie bevestig nie.
Die vier gemeentelede present, stêm saam met hulle leier se vrou. Een van hulle Ronwyn Buxey wat glo nuuts tot bekeering gekom het sê hulle "(ons) het die social distance in die huis vannie Here gehoorsaam. Hies hand sanitizer, hies alles hier wat ons moet het."
Op 'n vraag of hy bewus was dat niemand eintlik op straat mag wees nie, antwoord hy "Ja ons wiet, ma ons was mossie buite nie, os is mos nou binne 'n huis".
Die ou is duidleik concern hy sê "(die gebeure) maak vir my onverseker van baie dinge want ek het nou kortlangs na die Here toe gekom en ek makee die fellowship, ek makee counceling en klomp goete makee ek aangaande die Godheid, maar ek gaan nou nie dai kan kry nie.
Is maar dan sieke bietere om wee 'n gangster te raak as ek nou dai mentality gehad het" sê hy.
Nog 'n lidmaat van die agterplaas kerk op die hoeke van Mackenzie en Ebro state, Vivian Koekemoer het niks behalwe goeie woorde oor haar pastoor nie.
"Eending wat ek nou kan sê van die pastor - hy is daar vir die community. Hy sorg vir die community en ons sal staan by hom tot ons nie meer kan nie want hy is ons vader, ons leier" sê Vivian.
Suid-Afrika is op 'n landswye imperking om die verspreiding van die Cornavirus te bekamp.
25 Suid-Afrikaners is al reeds dood en meer as 2000 is besmet met die virus. Streng maatreëls is in plek wat die beweeging en samekoms van mense beperk.
Volgens die reëls mag daar nie kerk gehou word nie en dat daar nie meer as 50 mense 'n begrafnis mag bywoon nie.
Volgens Ronwyn was hulle nie bekend met die reëls nie, en voel hy dat die regeering meer moet doen om die mense bewus te maak.

As jy eenige nuus ideas het, stuur dit aan my en jou se nuus.

ÔsNuus is 'n nuus en informasie page in eg Afrikaaps wat nie die real issues van die dag mis nie. LIKE • SHARE • SUPPORT @osnuus OP Facebook

Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings

Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.

Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches