Nyanga vrou (55) met mandrax gevang
Die klomp pille waarmee die aunty gevang was |
'n Intelligensie-gedrewe operasie het die polisie gelei tot 'n ontdekking van mandrax-tablette in die informele nedersetting Lloyd in Nyanga.
Volgens die polisie het hulle inligting opgevolg oor dwelmmiddels wat in 'n woning verkoop word.
502 mandrax-tablette is gekonfiskeer tydens 'n deursoeking van die perseel. 'n 55-jarige vrou is gearresteer en staan tereg vir die onwettige besit van dwelms.
Sy sal later in die hof verskyn.
Enigiemand met inligting oor misdaadverwante gevalle word vriendelik versoek om Crime Stop anoniem te kontak by 08600 10111.
Comments
Post a Comment