Pressie klap suipery met nog twee weke
Delft liquor store loop erg deur onder drank wet
Facebook post deur 'n Delft inwoner op 'n gemeenskap groep.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand Suid-Afrikaaners gevra om vir nog twee weke hul dranklus op ys te hou.
Ramaphosa het op live television die mense bedank vir hulle saamewerking gedurende die lockdown, maar van watter saamewerking praat Cyril wil Merle Samuels van Delft weet - "Hier by ons loop die mense as of dit Sarag is, hulle is min gespin hieso" sê sy.
Maar die main issue vir ekasi se mense rondom die lockdown, is die verbod op drank en entjies, en die lus vir Kaapenaars se favourite sonde plesier het nou nuwe dieptes bereik.
In Delft is 'n liquor store helder oordag ingebreek omdat mense glo dors is volgens een inwoner. "Die mense is dors. Jurre hulle drink al Zang ('n tiepe drank wat somige rastas glo drink vir hul plesiertjie) en ander maak hul eie bier" sê Willimina Kuwa. "Dus nie reg wattie government doen nie. Ons is mos almal mense met lus. Kyk daa briek hulle die liquor store in" sê die vrou met hartseer in haar oë.
'Het jy darem ge-chaila'? Wou ek weet - "nee, die boere (polisie) het te gou gekom" sê sy, clearly naar.
Op die toneel waar die polisue die orde moes handhaaf het hulle eerder die owner aangesê om sy winkel oop te sluit en die stock te verwyder.
Maar die Chinees wou niks hoor nie en sê toe, "no they come mymy now they take all alcohol. Me too scared" sê die ou.
"Ek het opie docks gewerk, maar ek het nog nooit 'n nou oog jong se oë so groot gesien nie sê Anthea Roode wat ook op die toneel was.
Die president het mense weereens gemaan om met die government saam te werk om die fight teen COVID-19 te wen.
Ramaphosa het die nasionale inperking met twee weke verleng omdat dit blyk om te werk volgens hom.
As jy eenige nuus ideas het, stuur dit aan ons, en ÔsNuus sal die storie dek.
ÔsNuus is a satire page en dit need jou support. LIKE • SHARE en stay in touch.
As jy eenige nuus ideas het, stuur dit aan ons, en ÔsNuus sal die storie dek.
ÔsNuus is a satire page en dit need jou support. LIKE • SHARE en stay in touch.
Comments
Post a Comment