Racist Welkom Mayor noem brownies 'Boesmans'.


Matjhabeng Munisipaliteit Burgermeester Nkosinjane Speelman is op leave omdat hy coloreds 'boesmans' noem Picture: Facebook

Coloured mense regoor Suid-Afrika is dik vies oordat 'n swart Vrystaatse burgermeester hulle die 'B'-woord genoem het.
Die rasis, Nkosinjane Speelman (die een op die linkerkant, nie die whitey nie, die ander een) is glo op 'n Facebook video clip tesien waar hy volgens bronne na "kleurlinge" as 'Boesmans' verwys, en soes julle weet noem jy nie 'n Kallit dai nie.
"Wies a Boesman"? Wil Koelsum Dough van Westridge weet. "Hier by my is mos a moerse klomp boesmans wat styl hare het" sê die vrou. "Die jong moet anne plek loop Speelman."
Samantha Noeries van Eersterivier voel different en sê "dus by tyd dat coloreds ge-recognise word as die eerste mense van die land. Dus fine met my as ek 'boesman is, vraag is wat is hy?" Wou Menta weet.
Op die clip maak Speelman die opmerkings aan soldate wat ontplooi is vir die nasionle inperking. Hy het die bruin gemeenskap van Bronville daarvan beskuldig dat hulle dronkgatte is en dat hulle afbreek, plunder en nie Cyril se imperkings reëls na kom nie.
Die ANC in Vrystaat het die rasis conveniently op leave gesit en hom ge- summon om sy k@k te kom explain.
Hyt toe later vir die "coloreds" en sy ANC omverkoning gevra.
Convicted racist Vicky Monberg was nie so gelukkig nie, sy moes 'n een-honderd-duisend Rand fine betaal het en nog tyd innie mang spandeer het omdat sy die gevreesde 'k'-woord gebruik het.
Die jong wat die 'k'-woord in Italy oppie beach gebruik het moes ook diep hand innie sak steek.

As jy eenige nuus ideas het, stuur dit aan ons.
ÔsNuus is a satire page en dit need jou support. LIKE • SHARE en stay in touch.

Comments

Popular posts from this blog

Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings

Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.

Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches