SA's vra hoe om hul eie alkohol te maak: Google

  Foto: Giovanna Gomes unsplashed

Met die lockdown wat ge-extend is met 'n extra twee weke om die Coronavirus te bekamp, sou mens dink mense sal wonder oor hoe om 'n homemade face mask of miskien sanitizer te maak.
Maar volgens Google is dit nie die geval plaaslik nie. Searching vir "how to make acohol" top die lys terwyl die lockdown sy tol begin eis tussen dorslistige Suid-Afrikaaners.
Alkohol drinkers sit nou koppe bymekaar oor hoe om hulle eie alkohol te maak in die comfort van hul huise en Google word gedurig gebruik om doele te bereik.
"Ja os maak nou os eie Wyn" kap 'n jonk vrou met twee unsliced bruin broode op haar arm af. Lockdown of no lockdown, drink gaan ons drink' sê sy uiwe seker van haar saak.
Volgens die website CORONAVIRUS MONITOR het die search vir hoe om jou eie alkohol te maak met 500% in Suid-Afrika toegeneem.
Daar was ook 'n hoë vlak van gesoekery na die terme 'hoe om alkohol te kry' en 'homemade alcohol'.
Verwante soekery vir die term 'homemade alcohol' bevat ‘homemade beer recipes south africa’, ‘can homemade pineapple beer make you drunk’, ‘homemade gin’, homemade alcoholic pineapple beer’ en ‘how to make alcohol at home fast’.
'Homemade Hunters Dry recipe', 'How to extract alcohol from hand sanitiser' is ook popular op die search engine.
'n Drankwinkel in Delft is gister beskadig toe mense probeer drank wegge dra het. Nog drankwikkels het onder dorslistigers se wrath deurgeloop, terwyl Bheki Cele wonder wat het van sy drank geraak.

As jy eenige nuus ideas het, stuur dit aan my en jou se nuus.

ÔsNuus is 'n nuus en satire page in eg Afrikaaps wat nie die real issues van die dag mis nie. LIKE • SHARE • SUPPORT @osnuus OP Facebook

Comments

Popular posts from this blog

Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings

Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.

Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches