George kiesers stuur sterk boodskap na regerende DA
Plaaslike beweeging (PBI) wen 5 setels oppie raad
Die Plaaslike Besorgde Inwoners (PBI) party kan dalk 'n uiters belangrike rol speel in die vorming van 'n munisipale raad vir die Wes-Kaapse grootste dorp buite Kaapstad, George nadat die Demokratiese Alliansie (DA) nie daarin kon slaag om 'n outright majority te wen nie.George final results Die PBI wat 9.8% van die stêmme op hulle vereenig het is nou die vierde grootste party op die dorp wat eens 'n DA stronghold was.
GOOD het ook 'n goeie dag op George beleef, die party het 3de geindig met 6 setels oppie raad en die Patriotic Alliance het ook 'n setel gewen.
George is een van 15 hung municipalities in die Wes-Kaap nadat die DA wat eers in beheer was slegs 47% van die stêm kon kry.
Die party se 26 setels innie plaaslike raad is nie genoeg om 'n raad te vorm nie, wat beteken dat koalisies gevorm sal moet word om die regerende party te kan bepaal.
Volgens 'n plaaslike Politieke kommentator RW Thys is dit nou 'n goeie tyd vir partye met dieselfde visie om saam te werk.
"Die GOOD party het 6 setels oppie raad gewen, die PBI 5 en die Patriotic Alliance (PA) 1, saam is hierdie partye gelyk aan die African National Congress (ANC) en die EFF wat saam 12 setels oppie raad bekleë. Dis nou 'n goeie posisie vir hierdie partye om stadsbeleid behoorlik te beinvloed en sodoende hulle kiesers bevoordeel. So dit sal intresant wees as hierdie partye 'n pak kan vorm en ek bedoel nie hulle moet saam smelt nie, maar om saam te werk sal niemand sleg aandoen nie" sê Thys.
Die IEC se syfers toon dat die DA 'n aansienlike hoeveelheid steun in die streek verloor het vergeleke met 2016.
In die Klein-Karoo is dit Oudtshoorn en Kannaland en in die Sentraal-Karoo; Beaufort-Wes, Laingsburg en Prins Albert waar rade deur koalisies gevorm gaan word.
Comments
Post a Comment