Coalition Talks: 'We will negotiate on three pillars' - Gayton McKenzie

PBI, ICOSA, KOP, CE, KDF en KGP scrum stêmme weg van 'n verswakte DA.

   Gallo Images: Cape Colored Congress supporters besig om innie Plain te campaig.

Koalisies sal in die komende dae die naam van die politieke spel in die Wes-Kaap en die res van die land wees weëns plaaslike "kleiner" partye wat support vir sowel die DA en die ANC in gebiede buite die Kaapse metropool wegskram het.

Die Patriotic Alliance (PA) het 3% van die Wes-Kaapse stêm secure danksy die provinsie se landelike gebiede waar die meeste van die party se ondersteuning vandaan gekom het.
Wes-Kaap Verkiesings Uitslae

Met 28 setels en 69 319 stemme het die party se president Gayton McKenzie rede om op sy Facebook-blad te post dat die party baie goed gevaar het en sy eie verwagtinge oortref het.
"This victory of the PA is not area-based, its for everyone. The PA did extremely well, and we are going to work hard," het McKenzie gesê.

Daar is 12 munisipaliteite waarin die PA kingmakers kan wees, waar daar geen volstrekte meerderheid is nie en McKenzie het weereëns beklemtoon dat die party op sy eie voorwaardes in koalisies sal gaan. "The time of coloureds' and black members' votes for positions are over. What will happen is we have a committee on coalition that will advise us before we go into negotiations of the coalitions. We will give the committee a chance to do their work," het McKenzie gesê.

Hy sê ook verder: "We don’t hate the DA, we don’t hate the ANC or the Freedom Front Plus, we love our people. We will negotiate on three pillars. First, we want a by-law that brings God back to school; number two, the foreigners must go; and the third, we must make sure we are guaranteed votes in council."

Nes provinsiaal het die party in die Kaapse metropool 3% van die vote gewen een persent minder as die GOOD party wat beter as verwag gevaar het.

Al het GOOD nie 'n enkele wyk in Kaapstad gewen nie, het Aunty Pat se Orange brigade wel op George met 3 wyke innie sak en 11% van die stêm 3de geindig, een percent voor die Plaaslike Besorgde Inwoners (BPI) en is nou die derde grootste party in die George stadsraad.

Die PBI het ook van twee na vyf setels in George gegaan en een setel in Knysna opgetel.

Die party se leier Virgil Gericke sê hul steun in George het toegeneem van een tot byna tien persent van die stemme. “Toe ons hierdie party in 2011 begin het, het een persent steun, 2016 drie persent steun en nou in 2021 het ons dit reg geneem tot byna tien persent. Dit is 'n geweldige hoeveelheid ondersteuning. Ons het weggekap van die DA en ons sal 'n kritieke rol speel in ons posisie in die politiek in hierdie streek,” sê Gericke.

In Kannaland het die plaaslike ICOSA party met 45% skoonskip gemaak dat selfs die DA en ANC saam nie die party kan wen nie. Nog 'n plaaslike party, die Karoo Onafhanklike Party het 7% van die stêmme daar op hulle vereenig.
Lees ook: Icosa wen Kannaland met 45%

In die Cederberg het die plaaslike Cederberg Eerste Party tweede met 27% van die stêmme voor die DA geeindig, die Patriotic Alliance was vierde met 8%.

Op Laingsburg het die plaaslike Karoo Democratic Force tweede met 25% voor die DA geindig en die Patriotic Alliance vierde met 14%.
Kannaland, Cederberg and Laingsburg

Die plaaslike Karoo Gemeenskap Party het 2de op Prince Albert na die DA (38%) geindig, en as die party besluit om met die Patriotic Alliance (11%) saam te werk is hulle gelyk aan die DA.
Prince Albert Election results

In Kaapstad sal die Cape Coloured Congress (CCC) moet terug drawing board toe nadat die party ook (net) 3% van die Kaapse stêm op hom kon vereenig en sodoende nie die kingmaker rol wat die party op gebank het gekry nie.
CapeMetro Results

Fadiel Adams se party wat volgens hom met 'n budget van minder as R100k probeer het om die harte van Kaapenaars te wen het 8 setels innie stadsraad secure. 

Die party wat goed gevaar het in plaaslike tussen- verkiesings Lees ook: Cape Colored Congress verswak DA Bluewave in Delft tussen-verkiesings kon nie daar in slaag om Kaapenaars se steun te wen nie en een van die stad se inwoners Denzel Vermeulen voel hy weet hoekom.

Drie munisipaliteite word steeds deur die DA gelei – Bergrivier, Hessequa en Swartland.

Comments

Popular posts from this blog

Cape "Colored" Congress verswak DA se 'Bluewave' in Delft tussen-verkiesings

Peter Marais noem ANC-lede Vreemdelinge.

Bly julle oek innie huis sê Cele vir neighbourhood watches